Gerug oor hospitaalontruiming onwaar
'n Inbeller het beweer dat die Netcare Krugersdorp Hospitaal ontruim moes word.

Die news-kantoor het vanoggend 8 September ‘n oproep ontvang dat die Netcare Krugersdorp Hospitaal ontruim moes word.
Met die news se aankoms by die hospitaal is daar vasgestel dat dit nie die geval was nie.
Voertuie kon egter nie uit Paardekraalweg in Commissionerstraat indraai nie aangesien daardie gedeelte deur die Gemeenskapspolisiëringsfurum-lede (GPF) afgesper is.
Ambulanse van Netcare 911 het op die hoek van Commissioner- en Boshoffstraat gestaan waar hulle vir ‘n helikopter gewag het wat ‘n pasiënt van Fochville af na die hospitaal toe gebring het. Die helikopter het op ‘n oop stuk veld naby die hospitaal geland.
GPF-lede op die toneel sê dit was glad nie ernstig nie en dat die pasiënt vir mediese doeleindes na die hospitaal gebring is.
