Nuwe skooltassies vir leerlinge
Funksie gehou om behoeftige hoërskoolleerlinge volgende jaar te help.
Kinderhartjies van twee laerskole aan die Wes-Rand sal binnekort verbly word.
‘n Fondsinsamling wat deur ‘n groep vrywilligers van Absa se werknemersgemeenskapsprojek gereël is, is onlangs by Tres Jolie in Ruimsig gehou.
Vina Pienaar, die verkope areabestuurder van die Absa-takke in Randfontein en Krugersdorp, sê die geld gaan vir skooltassies wat aan behoeftige leerlinge van Laerskool Ebenhaeser en West Gold Primary in Randfontein gegee word.

“Om by ons gemeenskap betrokke te raak is een van die belangrike aspekte wat ons belanghebbendes van ‘n bank wil sien en dit beteken dus dat ons beter na mekaar kan omsien nou en in die toekoms.”
Sy sê die skooltasse sal aan uitgesoekte Graad 7-leerlinge gegee word wat volgende jaar met hulle hoërskoolloopbaan begin.
“Ons wil hê die leerlinge moet nuwe herhinneringe bou, om trots op hulself te wees en bo ander uit te styg.”
