Local newsNewsSchools

Tieners praat oor ysige uitdaging; maar weet nie veel

Hoërskoolleerlinge praat oor die ALS Ice Bucket Challenge.

Die ALS (amiotrofiese laterale sklerose) Ice Bucket Challenge het in die laaste maand of wat ‘n reuse tendens in Suid-Afrika geword. Dit het sosiale media soos ‘n wegholbrand oorgeneem.

Een na die ander video word geplaas van sosiale media-gebruikers wat ‘n emmer yswater oor hulle laat uitgooi en dan ander nomineer om dieselfde te doen.

Van besigheidsmanne tot bekendes tot Jan Alleman neem deel.

Maar waaroor gaan die uitdaging nou eintlik en het die kern van die bewusmakingsboodskap agter die uitdaging iewers in die kuberruimte verlore gegaan?

In plekke soos Amerika en Europa waar die tendens aanvanklik ontstaan het is daar reeds miljoene rande ingesamel ten bate van motorneuronsiekte- of MNS- (MND in Engels) lyers en mediese navorsing op die gebied.

Die news wou uitvind of dieselfde in Suid-Afrika en spesifiek plaaslik besig is om te gebeur en het besluit om ‘n meningspeiling onder ‘n groep plaaslike hoërskoolleerlinge te doen.

Die gevolgtrekking na ‘n onderhoud met agt leerlinge was die volgende:

• Uit agt het ses leerlinge van die uitdaging geweet of dit op sosiale media gesien

• Een uit die 10 leerlinge het geweet wat die bewusmakingsdoel agter die uitdaging is

• Een uit die 10 leerlinge het geweet wat motorneuronsiektes (MNS) is

Een leerling kon die naam Joost van der Westhuizen met die uitdaging verbind. Van der Westhuizen is ‘n voormalige Springbok-rugbyspeler wat self aan die siekte ly en baie doen om mense daarvan bewus te maak – veral deur die J9-stigting.

Leerlinge het die volgende te sê gehad:

• Bianca Esterhuizen Graad 11: “Ek het dit al op sosiale media gesien en daarvaan gehoor maar ek weet nie waaroor dit gaan nie.”

• Elecia Pretoruis Graad 11: “Ek het videos van medeleerlinge gesien wat die Ice Bucket Challenge doen; ek weet die uitdaging het iets met Joost te doen.”

• Mecyle Walker Graad 8: “Ek het dit nog nie gedoen nie, ek weet glad nie wat dit is nie.”

• Monique Botha Graad 9: “Ek weet glad nie wat dit is nie.”

• Nicolene van Wyk Graad 9: “Ek het gesien dat mense die Challenge doen en videos daarvan op facebook sit. Ek weet dis om geld in te samel maar ek is nie seker waarvoor nie.”

• Bradley Miller Graad 10: “Ek het dit al gedoen en ‘n donasie gemaak. Ek weet die uitdaging is daar om bewusmaking oor MNS, ‘n toestand wat jou spiere aantas te kweek. Ek glo dat die doel van die uitdaging verlore gegaan het, party doen net die uitdaging en noem niks oor MNS nie.”

• Shane Hutcheons Graad 10: “Ek weet dis vir bewusmaking van ‘n siekte en ek is genomineer.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button