NewsSchools

Bastion se kookvernuf getoets

Hoërskool Bastion se gasvryheidstudieleerlinge het hulle kookvernuf op die spel geplaas.

Met die geur van Bief Wellington wat uit Hoërskool Bastion se kombuis kom het die Graad 10 Gasvryheidstudieleerlinge hulle kookvernuf aan uitgesoekte gaste ten toon gestel.

Skoolhoof dr Anton Prinsloo het aan die gaste gesê dat die geleentheid gehou word om erkenning aan die skool se Gasvryheidstudieleerlinge te gee.

“Geleenthede soos dié word gehou om vir ons kinders ‘n beter leeromgewing te skep. Hulle trek dus voordeel daaruit omdat hierdie baie eg aan die restaurantomgewing is.”

Hy stel sy gaste gerus toe hy skerts dat hulle altyd komplimente vir hulle leerlinge se geregte kry.

‘n Viergangmaaltyd is aan die gaste voorsit wat sonder twyfel daaraan gesmul het.

Vir meer foto’s kliek hier.

Soortgelyke artikels:

Bastion kook tydens eksamen

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button