NewsSchool sportSchoolsSport

Krieket is mos lekker

Laerskool Protearif was die gasheer vir die KFC Minikrieket-toernooi waar ses ander Wes-Randse skole gaan deelneem het.

Daar was groot opgewondenheid toe meer as 200 leerlinge van verskillende skole in die D2-distrik meer oor krieket geleer het.

Ses skole van die Wes-Rand het hulle onder 7’s en 8’s op uitnodiging van gasheerskool Laerskool Protearif na die tweede KFC Minikrieket-toernooi geneem.

Christo van der Westhuizen (links) oefen bietjie aan sy boulwerk terwyl Ruan Snyman (regs) toekyk.
Christo van der Westhuizen (links) oefen bietjie aan sy boulwerk terwyl Ruan Snyman (regs) toekyk.

Die skole wat die uitnodiging aanvaar het is laerskole Krugersdorp-Noord, Kenmare, Bekker, Hekpoort, Krugerdorp Town School en die Wesrand Skool.

Buhle Vaphi, die KFC Minikrieket-koördineerder sê die KFC-afrigtingsklinieke word in samewerking met die Gautengse Krieketraad gehou om bewustheid oor krieket onder kinders te bevorder.

“Die hoofdoel is om kinders bloot te stel aan die gebalanseerde en gesonde leefstyl wat met krieket saamgaan. Dit is ook om vir hulle te wys dat dié sport baie pret kan wees.”

Adriaan Willemse wys met vinnige kolfwerk en spoed is krieket mos maklik.
Adriaan Willemse wys met vinnige kolfwerk en spoed is krieket mos maklik.

Daar is 12 stasies opgerig en die kinders het in groepverband ‘n vasgestelde tyd by elke stasie deurgebring totdat hulle na die volgende stasie aanbeweeg het. Die doel daarvan was om die kinders aan die verskillende aspekte van krieket soos boulwerk, kolfwerk, veldwerk en fiksheid bloot te stel.

Christopher Blommetjies, ‘n Gautengse Krieketraad Vlak 2-afrigter sê dit is vir hom lekker om die leerlinge te leer.

Vaphi sê hulle beplan om hierdie toernooi jaarliks in September te hou en skole wat daarin belangstel om deel te word van die skolekrieketprogram kan haar gedurende kantoorure by 011 340 1500 skakel.

Vir meer foto’s kliek hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button