Strawwe sport kry Nories nie onder nie
Ses spanne van Hoërskool Noordheuwel het aan die provinsiale avontuursport-kampioenskappe deelgeneem.
Met ywer en deursettingsvermoë het ses spanne van Hoërskool Noordheuwel onlangs aan die provinsiale avontuursport-kampioenskappe by die Roodeplaatdam noord-oos van Pretoria deelgeneem.
Met ‘n taai program wat maklik tot agt ure kan neem om te voltooi het die senior span van Noordheuwel gewys dat hulle verdien het om as die wenners gekroon te word. Hulle was uiteindelik die eerste span wat onder andere eerste die 30km-fietsry, 10km-draf, 5km-roei en 700m-swem suksesvol voltooi het.
Die wenners, Marné Kriedemann, JJ du Toit, Jean-Pierre Olivier en Rayno Brands kan beslis getuig dat dit ‘n uitdagende sport is waar deelnemers goed voorbereid moet wees, want plek vir kort asems is daar nie.
Die ander senior span bestaande uit Heinrich Carstens, Hanre Bester, Christi Geldenhuys en Philip Jacobs het net-net derde gekom.
