Talle hou fees vir Loslitdag
Die bejaardes van Môreglans was nie die enigstes wat van Loslitdag 'n feesviering geleentheid gemaak het nie.
Die bejaardes van ‘n plaaslike ouetehuis kon op Loslitdag ook darem ‘n bietjie vergeet van hulle daaglikse uitdagings.
Die span van Die Dankbaarheid Projek, onder leierskap van Dawie Brill en Gibbon (‘n plaaslike sanger), het die bejaardes van Môreglans Ouetehuis op Loslitdag gaan bederf en vir vermaak en lekker dans gesorg.
Brill sê die oumensies het dit vreeslik geniet om ‘n bietjie te ontspan. Daar was vir elkeen ‘n blink hoed gegee en met die ballonne en versierings het die dag behoorlik feestelik gelyk.
“Wat ‘n voorreg is dit nie om ons humor met die bejaardes te kon deel nie,” sê Brill.
Hy noem dat hy self ‘n rok en ‘n pruik aangesit het vir die geleentheid.

Om die geleentheid nog meer spesiaal te maak het Mug and Tree Sopkombuis-personeel vir elk van die bejaardes ‘n roos gegee om die lente te vier.
Die kindertjies van die Mug and Tree Kleuterskool het ook ‘n paar liedjies vir die bejaardes gesing saam met Gibbon.
Die bejaardes van Môreglans was nie die enigstes wat van Loslitdag ‘n feesviering geleentheid gemaak het nie.
Pratley se personeel het ook groot gegaan vir hierdie fondsinsamelingsdag.
Die personeel het gesorg dat hulle groot gees vang met hulle uitspattinge ‘bling’ kleredrag en bykomstighede.
Kliek hier vir meer foto’s.

