Local newsNewsUpdate

Vermistes terug by huis

Suster sê sy is net bly dat hulle albei veilig is.

Die vrou en haar tweejarige dogtertjie wat as vermis aangemeld is, is veilig.

Só het haar suster Pippie Koen bevestig.

Volgens haar is dit nog onduidelik oor hoe Marikie, 24, en haar dogter Lee-Ann by ‘n skuiling in Krugersdorp-Wes geëindig het.

“Sy het glad nie ‘n idee hoe hulle daar gekom het nie,” sê Koen.

“Ons is net bly dat hulle albei veilig is. Lee-Ann is nog ‘n bietjie huilerig en slaperig.”

Koen sê dit is danksy die flinke optrede van die gemeenskap dat hulle gekry is.

Sy en ‘n vriendin het die news se kantoor gister besoek nadat Marikie Sondag nie weer by die huis opgedaag het nadat sy ‘n CV sou gaan maak nie.

Verwante artikels:

Familie van vermistes soek leidrade

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button