Die onoorwonne o.10A-netbalspan van Laerskool Krugersdorp-Noord is die D2-wenners van die onlangse distrikskampioenskappe.
Voor die seisoen het die dogters ‘n netbalkamp by Raloka, die sportkompleks van Elize Kotze – die hoof afrigter vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Netbalspan.
Daar is hard geoefen, op spanwerk gekonsentreer en ‘n gesonde spangees is gevestig, sê Norie netbal-afrigter Christien du Buisson.
“Die kamp was verrykend; die dogters het baie lewenslesse geleer.”
Die seisoen is op ‘n hoë noot afgesluit met ‘n geselligheid waar elke spanlid ‘n trofee ontvang het in die teenwoordigheid van hul trotse ouers.
Verwante stories:
• Noordskool se netbal is tops
