Die o.10A-hokkiespan van Laerskool Krugersdorp-Noord het vir ‘n dubbele sukses gesorg.
Die 13 spelers het die distrikskampioenskappe se uitspeelwedstryde gewen en is as die D2-wenners aangewys.
Voor die seisoen het die dogters ‘n verrykende hokkiekamp by die Arendsnes Sportskool in Noordwes bygewoon waar leiding van die voormalige Suid-Afrikaanse hokkiespeler Tracey Ehlers ontvang is.
“Sy het hulle basiese vaardighede geleer en op spanwerk en posisionele spel gekonsentreer,” sê afrigter Christien du Buisson.
Die spelers het ook noodsaaklike lewenservaring by die kamp opgedoen.
Tydens ‘n geselligheid wat die ouers gereël het is daar heerlik gekuier en elke spanlid met ‘n trofee beloon is.
