VIDEO: Kom ons braai!
Stuur gerus vir ons jou Braaidag foto's en wys waarom jy trots Suid-Afrikaans is.
Krugersdorpers, gaan julle groot op Braaidag vieringe?
Alhoewel hierdie dag op die jaarkalender as Nasionale Erfenisdag (24 September) aangedui word, vier meeste mense dit rondom ‘n gesellige braaivleisvuur.
Om Braaidag nog spesialer te maak nooi die news lesers uit om hul gesellige Braaidagfoto’s aan te stuur.
Die news-span sal die geselligste foto uitkies en ‘n CD-mandjie vol lekker braaimusiek vir die gelukkige wenners as prys gee.
Stuur jou foto’s, met hulle byskrifte en jou kontakbesonderhede na krugersdorpnews@caxton.co.za.
Jy kan ook die news help ‘n wenner kies!
Alle foto’s sal op die news se webwerf beskikbaar wees. Los gerus jou kommentaar oor hoekom jy voel jou fotokeuse moet wen.
Vir meer inligting oor hoe jy jou Braaidag legendaries kan maak, kliek hier.
Kyk gerus ook na Jan Braai vir Erfenis se Steak of the Nation adres:
