Local newsNews
Inwoners braai Krugersdorp aan die brand
Opskud, opskud die tyd is min – stuur daardie kiekies.
Verskeie inwoners en besighede van reg oor Krugersdorp het op Erfenisdag, ook as Nasionale Braaidag bekend, hulle rookgevulde foto’s van smullekker vleisies op die kole met die news gedeel.
Hierdie lesers kom dus in aanmerking om ‘n lekker CD-mandjie vol braaitreffers te wen.
Dié wat te lekker gekuier het en dalk al vergeet het om hulle foto’s in te stuur moenie te bekommerd wees nie – daar is nog tyd.
Die laaste kans vir foto-inskrywings is verleng. Stuur jou foto’s voor of op Vrydag 3 Oktober deur waarna die wenner aangewys sal word.
Opskud, stuur daardie braaikiekies vir ons per epos na krugersdorpnews@caxton.co.za.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!