Local newsNewsSchools

Almal Maatjies leer meer van die heelal

Alma Mater Akademie se kleuterskool Almal Maatjies het verskeie kleuterskole in die omgewing uitgenooi om saam met hulle meer oor die heelal te leer.

Met groot opgewondenheid en baie vrae het sowat 80 voorskoolse leerlinge die geleentheid gehad om meer oor die heelal, sterre en planete te leer.

Op uitnodiging van Alma Mater Akademie se kleuterskool Almal Maatjies is verskeie kleuterskole in die omgewing uitgenooi om ‘n dag saam met hulle te geniet.

African Sky Planetarium het ‘n mobiele planetarium in die skoolsaal opgeslaan waarin hierdie leerlinge na die sterre kon kyk. Konsepte soos dag en nag, verandering van seisoene, verskillende maanfases, swaartekrag, die swart gate en baie meer is aan hulle verduidelik.

Die Almal Maatjies Kleuterskool klas het sommer baie pret gehad.
Die Almal Maatjies Kleuterskool klas het sommer baie pret gehad.

Nadat alles vertel is en al die vrae beantwoord is, is daar heerlik aan lekkers in die vorm van ‘n ruimtetuig gesmul.

Edna Walker, die skool se bemarker sê dit was die eerste keer dat hulle so ‘n dag aangebied het en beplan nog vele soortgelyke geleenthede in die toekoms.

_MG_012_562625222
Lekkers in die vorm van ‘n ruimtetuig is ook uitgedeel.

“Almal het dit baie geniet. Dit was regtig ‘n baie lekker en leersame dag.”

Sy sê daar is besluit om so ‘n geleentheid te reël omdat aspekte van die ruimte soos die heelal, sterre en die planete deel vorm van hulle sillabus.

“Op hierdie manier wou ons die teoretiese gedeeltes vir hulle prakties aanbied – verskeie leerlinge het sommer in ongeloof na hulle asems gesnak,” sê sy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button