NewsSchools

Potjies prut by Protearif

Altesaam 29 potjies is vir vanjaar se potjiekoskompetisie ingeskryf.

Talle mae het van honger begin grom toe besoekers aan Laerskool Protearif die geur van die 29 verskillende potjies ingeasem het.

Dit is die 14de jaar dat dié tradisie voortgesit word, sê Marelise Koekemoer, Gr R-onderwyser.

“Ons hou elke jaar vir die afgelope 14 jaar Protearif Kleuterskool se jaarlikse konsert en dan hou ons sommer ook ‘n potjiekoskompetisie om op so ‘n manier ouerbetrokkenheid en sosialisering te bevorder.

Sy sê dit is ‘n baie informele geleentheid wat die kleuters baie opgewonde maak omdat hulle ouers ook betrokke is.

Daar was hierdie jaar ook heelwat mammas soos Dané Jacobs wat die potjiekoskompetisie aangedurf het.

“Dit is die eerste kompetisie vir my en ek geniet dit baie. Ek hoop net die mense gaan van my hoenderpotjie hou.”

Sowat 150 kleuters en GRR’e het vanjaar aan die konsert Proties se Skouspel 2014 deelgeneem en dit was ‘n groot sukses.

Hendri Katzke, vanjaar se potjiekoskompetisie-wenner maak seker dat die smaak van sy hoenderkerrie pot net reg op die beoordelaars se tong gaan val.
Hendri Katzke, vanjaar se potjiekoskompetisie-wenner maak seker dat die smaak van sy hoenderkerrie pot net reg op die beoordelaars se tong gaan val.

“Die ouers het die dag net so baie soos die kleuters geniet. Daar was geen trane by die kleuters nie omdat hulle geweet het dat hul ouers daar was.”

By hierdie jaar se potjiekoskompetisie het die vyf beoordelaars omtrent geproe, maar aan die einde van die dag kon net drie wenners as potjiekonings en -koninginne wegstap.

Hendri Katzke het ‘n eerste plek en die wisseltrofee met sy hoenderkerriepot verower. Anesca Botha en Leane Roos het onderskeidelik die tweede en derde plekke met hulle bunny chow- en Trinchado Portuguese-pot verdien.

Talle troospryse is ook aan verskeie deelnemers oorhandig.

Die kleuterskool bedank graag al die borge wat tot die sukses van die potjiekoskompetisie bygedra het.

Vir meer foto’s kliek hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button