Local newsNews

Sake-eienaars maak harte en krane oop

Daar is 'n lig aan die einde van die donker watertonnel in Krugersdorp.

Gemoedere het ‘n laagtepunt bereik nadat groot dele van Krugersdorp vir meer as twee weke deur ‘n waterkrisis lamgelê is.

Philip en Liezel Scheepers, mede-eienaars van Mount Usambara wat voorheen bekend was as Hillsnax Roadhouse, het besluit om in te gryp deur die gemeenskap te nooi om by hulle water te kry.

“Ons is in die bevoorregte posisie om boorgatwater te hê, en ons het daarom gedink ons kan deel wees van die oplossing,” sê Philip.

“Dis verregaande dat mense vir twee weke nie kan bad of toilette gebruik nie. Ons het en daarom kan ons gee,” sê hy.

Die Scheeperse het besluit om 150 liter per huishouding aan te bied en nooi inwoners om houers saam te bring wat hulle met vars, drinkbare water sal volmaak.

Die volgende is die voorlopige tye wanneer inwoners water kan gaan haal:

• Vrydag 26 September: 9vm to 11vm

• Saterdag 27 September: 9vm tot 11vm

• Sondag 28 September: 9vm to1nm

Mount Usambara is aan die R28 net voor Silverstar Casino in die rigting van Pretoria.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button