Local newsNewsSchools

Alma Mater se eie ambassadeur

'n Graad 2-leerling van Alma Mater Akademie is onlangs as 'n finalis in die Miss South Africa Schools-kompetisie aangewys.

Met ogies wat soos sterretjies blink hoop Chanté Joubert sy kan ‘n verskil in haar maats en medeleerlinge se lewens maak.

Dié agtjarige Graad 2-leerling van Alma Mater Akademie is onlangs as een van die finaliste in vanjaar se Miss South Africa Schools-kompetisie aangewys.

Sy sê as sy as een van die top drie aangewys kan word sal sy baie bly wees, maar sy glo ook dat dit nie is waaroor die kompetisie gaan nie.

“Die kompetisie word gehou as ‘n platform waar ek as ‘n ambassadeur vir my skool optree. Ek moet aan die publiek daar buite wys hoe lief ek vir my skool is en ook hoe wonderlik dit is om daar skool te gaan.”

Hierdie is die eerste kompetisie van sy soort waarin sy ‘n finalis is.

“Ek is baie bly daaroor want dit gee my die geleentheid om ondervinding op te doen.”

Die jong model van Oxygen Ultimate Models in Krugersdorp sê al geniet sy dit om pouse saam met haar maats te spandeer geniet sy dit ook om wiskundesomme te doen.

“Dit is vir my baie lekker werk!”

Edna Walker, ‘n bemarker van Alma Mater Akademie sê hulle is baie trots op haar vordering in die kompetisie.

“Ons as skool raak graag by ons gemeenskap betrokke en om vir Chanté die ondervinding te bied het ons haar by ons gemeenskapsprojekte betrek.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button