Local newsNews

Poskantoorstaking laat inwoners rooi sien

Volgens die Poskantoor word aflewering met vier dae vertraag.

Die Poskantoor het Donderdag 25 September in ‘n verklaring gesê dat ‘n staking deur tydelike werkers in die weke wat voorlê steeds ‘n nadelige effek op posaflewering sal hê.

Die staking hou verband met tydelike werkers wat eis dat hulle in permanente poste aangestel moet word.

Volgens die verklaring word daar by die Witspos-, Germiston- en internasionale possentrums gewerk, maar nie teen volle kapasiteit nie. Die possentrums in Tshwane en Krugersdorp staan egter op die oomblik stil.

Alhoewel verbruikers die poskantoordienste toenemend met alternatiewe posdienste vervang, skep die staking heelwat ongerief vir besighede en vir die publiek.

“Die bestuur van die Poskantoor is steeds in gesprek met stakende werkers om die probleem op te los,” lui die verklaring.

“Die Suid-Afrikaanse Polisie en ander sekuriteitsdienste is ontbied om enige moontlike geweld af te weer.” Volgens die verklaring sal die Poskantoor sake by die polisie aanhangig maak indien daar enige gewelddadige optrede is.

Die huidige staking veroorsaak dat pos tot minstens vier dae vertraag gaan word, aldus die verklaring.

Aan die Wes-Rand sal die Krugersdorp-, Tarlton- en Roodepoort-poskantoor tydelik gesluit bly omdat werkers en klante se veiligheid nie gewaarborg kan word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button