Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

Bekker wemel van jong rugbytalent

Jong Leeus wys tande vir Bulle.

Hoërskool Bekker se rugbyvelde het van jong rugbytalent gewemel toe die Goue Leeus ter voorbereiding van die nasionale onder 13-seweskampioenskap ’n toernooi by die skool gehou het.

Die Goue Leeus het ‘n A- en B-span ingeskryf terwyl die Blou Bulle, Luiperds, Limpopo Blou Bulle, Griffons en die Pumas elk net ’n A-span ingeskryf het.

Die Goue Leeus se B-span het drie wedstryde verloor en drie gewen. Die belangrikste wedstryd vir die B-span was die laaste een van die dag teen die A-span van die Limpopo Blou Bulle.

Die spannetjie het na baie spook en spartel met 19-17 gewen.

Uit hulle ses wedstryde het die A-span net een verloor en vyf gewen, en in die ses wedstryde ’n totaal van 208 punte aangeteken.

Net 72 punte is teen hulle aangeteken.

In die A-span se eindstryd en hoofwedstryd van die dag het hulle die Blou Bulle se A-span met 34-0 ’n rugbyles geleer.

Die nasionale kampioenskap vind vanjaar by Curro Krugersdorp plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button