Local newsNews

Moenie die Paardekraal-fees mis nie

Die fees by Paardekraal Monument word gehou om die 25ste bestaansjaar van die Verkennerbeweging van Suid-Afrika te vier.

Moenie hierdie jaar se Verkennersfees by Paardekraal Monument misloop nie.

So sê Sid Mann, vise-president van die Verkennersbeweging van Suid-Afrika wat hulle beywer om die Afrikaner- geskiedenis en volkseiekultuur te behou en te onthou.

Van Donderdag 9 tot Sondag 12 Oktober sal die Paardekraal Verkennerstak hul 25ste verjaarsdag vier met verrigtinge by die Paardekraal Monument in Krugersdorp.

Nie net sal hul verjaarsdag gevier word nie, maar ook die aankoms en vestiging van ‘Oom’ Paul Kruger se koets by die Monument.

Terselfdertyd sal hulle die 100 jaar herdenking van die Rebellie van 1914 herdenk.

Op Donderdag 9 Oktober word Oom Paul se presidenstiële serp gedra en die Stem gesing waarna die laaste boodskap van Oom Paul uitgelees sal word. Vanaf Vrydag 10 Oktober sal kampeerders arriveer wat die res van die verrigtinge sal meemaak.

“Rebellie-vlae sal oor die naweek van regoor Suid-Afrika by die Paardekraal Monument arriveer,” sê Mann.

Op Saterdag 11 Oktober sal daar ‘n tydrenkompetisie aangebied word waar deelnemers van besigheid tot besigheid sal snel om antwoorde te kry op ‘n lys vrae wat aan hulle gegee is.

Hierna sal Oom Paul se koets arriveer, kompleet met perde wat hom lei en ‘n voertuigkonvooi.

“Die koets sal die middag om 2.30nm op sy regmatige plek in die Monument gevestig en ingehuldig word.

“Enigeen is welkom om die fees saam met ons te geniet en hul geskiedenis te herontdek.”

Gedurende die naweek is daar ook verskeie braaigeleenthede en gesellighede.

Vir meer inligting kontak Sid Mann by 083 227 3260.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button