NewsSchools

Kaskar en potjies al pla die wind

Altesaam 29 potjies is tydens die Kas-Pot-Pretdag beoordeel.

Die geur van meer as 20 pruttende potjies het die lug by Hoërskool Bastion in Mindalore gevul.

Danksy die bereidwilligheid van die Graad 11-ouers en Petru van Zyl (Graadhoof) was die eerste Kas-Pot-Pretdag so suksesvol dat daar besluit is om dit ‘n jaarlikse instelling te maak.

Doreen Smith, een van die ouers wat by die organisering van die dag betrokke was, sê die sukses kon groter gewees het as die stormsterkwind nie die mense weggehou het nie.

“Afgesien daarvan is die dag steeds goed bygewoon en almal is gelukkig met vol mae huis toe.”

Daar was ‘n vlooimark, ‘n verskeidenheid kosstalletjies en ‘n koffietuin.

Die potjiekos kroon behoort aan die twee neefs Johnny en Hein White.
Die potjiekos kroon behoort aan die twee neefs Johnny en Hein White.

‘n Kaskarresies, gereël deur die Graad 11-leerlinge, is deur die dag gehou waartydens die verskillende klasse in Graad-verband met mekaar gekompeteer het.

Elke klas moes kyk hoeveel keer hulle in tien minute met hulle kaskar, wat hulle self moes bou, om die baan kon jaag.

Jennifer en haar man Riaan van Rensburg het die tweede plek behaal met hulle potjiekos. Saam met hulle is Hoërskool Bastion-beheerliggaamlede Hannes van der Schyff en Alfred van Zyl.
Jennifer en haar man Riaan van Rensburg het die tweede plek behaal met hulle potjiekos. Saam met hulle is Hoërskool Bastion-beheerliggaamlede Hannes van der Schyff en Alfred van Zyl.

Die vyf wenklasse van elke Graad het daarna dertig minute elk gekry om te kyk wie die vinnigste en meeste kere om die baan kon jaag.

Smith sê die ouers en onderwysers het ook met mekaar probeer kragte meet, “maar die onderwysers het ons laat skaam kry.”

Hannes van der Schyff, Hoërskool Bastion beheerliggaamlid oorhandig die derde plek prys oor aan Adriaan van Blerk.
Hannes van der Schyff, Hoërskool Bastion beheerliggaamlid oorhandig die derde plek prys oor aan Adriaan van Blerk.

Hier is die wenners van die potjiekoskompetisie:

• Die neefs Johnny en Hein White het met die kroon weggestap

• Riaan en sy vrou Jennifer van Rensburg het die tweede plek gehaal

• Oud Bastion-leerling Adriaan van Blerk het die derde plek verower

Verwante artikels:

Potjies prut by Protearif

Groot pret by jaarlikse kerkbasaar

Markdag vir die gesin

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button