Local newsNews

Video: Behoeftige gesin se huis kry nuwe baadjie

'n Voltooide kringloop van gemeenskapswerk.

Sy leef om haar gemeenskap te dien, en sou nie in haar wildste drome dink dat iemand haar sou wou dien nie.

Krugersdorp-Wes inwoner Chantelle Coetzee wy haar tyd en energie daaraan om na kleuters en babas om te sien in ‘n deel van Krugersdorp waar negatiewe sosio-ekonomiese kwessies seëvier, maar doen haar werk met baie ywer en liefde.

Sy sluit ‘n dag van harde werk af met gesinstyd saam met haar man en drie kinders by haar huis.

“Dalk ‘n huis maar ver van ‘n familiewoning af,” vertel Anzelle Louw vir Vuurwarm van Charity, ‘n liefdadigheidsorganisasie onder die vaandel van die ATKV.

Vuurwarm vir Charity het onlangs vir Coetzee genomineer vir ‘n huis-mooimaaksessie.

Die huis waarin Coetzee al vir 14 jaar woon is volgens munisipale owerhede al meer as ‘n eeu oud en het met die tyd heen sigbaar gebuk gegaan onder die elemente.

Lekplekke het oral in die dak begin vorm en vogkolle sit oral teen die mure.

“Soveel so dat die oudste van die drie kinders sinus en sinusverwante siektes ontwikkel het van die fyn verfpoeier wat neersif as gevolg van die vog,” vertel Coetzee.

Alhoewel die gesin graag hul huis will opknap was dit moeilik omdat hulle totale huishoudelike inkomste drasties verminder het nadat die maatskappy waar Coetzee se man werk salarisse moes sny.

Na intensiewe pogings om fondse in te samel om verf en ander benodigdhede te koop, het Vuurwarm vir Charity vandeesweek met opknapping begin.

“Ons moes meer as R50 000 insamel en is amper by ons doelwit,” vertel Louw.

Louw beoog reeds om nog behoeftige gesinne te identifiseer vir toekomstige huis-mooimaaksessies.

Om ‘n bydrae te gee kontak Louw by info@vuurwarmvircharity.co.za.

Kyk gerus hier na die video:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button