Local newsNewsSchools
Kliniekskoolleerling presteer goed by Raca
Die skool akkommodeer kinders wat erge gedrags- en emosionele probleme het en hierdie is die tweede jaar dat die skool sy leerlinge vir Raca inskryf.
Rant-en-Dal Kliniekskool se leerlinge het op kulturele gebied besonder goed gevaar by die onlangse Raca-kompetisie.
Die skool, wat deel is van die gespesialiseerde onderwys-been, is baie trots op hulle leerlinge.



Die skool akkommodeer kinders wat erge gedrags- en emosionele probleme het en het in Maart ook matig verstandelik gestremde kinders begin inneem.
Hierdie is die tweede jaar dat die skool sy leerlinge vir Raca inskryf.
Skoolhoof Renier Els bedank elke onderwyser en afrigter vir hulle moeite, geduld en bystand gedurende die voorbereiding vir hierdie kompetisie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
