Local newsLocal sportNewsSport

Sportwinkel wil verskil maak

Indien hulle fondsinsamelingsprojek 'n groot sukses is wil hulle daarmee voortgaan.

‘n Sportwinkel in Noordheuwel het na die noodkrete van die gemeenskap geluister en besluit om te help.

Werner van Heerden en Ewan Fourie, mede-eienaars van VHF Sport in die Noordheuwel Pick n Pay winkelsentrum gaan ‘n gholfdag hou om minderbevoorregte sportsterre volgende jaar te begin help, veral met toerusting.

Van Heerden sê skole en selfs ouers vra hulle gereeld of hulle nie die kinders wat nie die toerusting kan bekostig nie, maar die talent het om uit te styg en in hulle sport uit te blink, kan help nie.

“Ons hou daarom ‘n gholfdag om die kinders van ons area in die Wes-Rand te help, want ons wil graag sien dat hulle ook geleenthede kry,” sê Van Heerden.

Fourie en Van Heerden nooi dus enige besigheid wat hulle met hulle eerste fondsinsamelingspoging wil bystaan om ‘n vierbal teen R1 600 te koop.

“Ons beloof ‘n dag van pret, lekker saam kuier en groot pryse wat gewen kan word,” sê Van Heerden.

Indien hulle fondsinsamelingsprojek ‘n groot sukses is wil hulle daarmee voortgaan.

“Ons wil graag ‘n verandering in sport sien,” sê Van Heerden.

Die eerste 10 besighede gaan ook die geleentheid kry om hulle besigheid gratis by die oorblywende tien putjies te bemark en te adverteer.

Verversings sal vir al die spelers langs die baan beskikbaar wees.

Die gholfdag sal op 27 November om 11uur by die Krugersdorp Gholfbaan begin. Die sluitingsdatum om deel te neem is 14 November.

Vir meer inligting kontak vir Van Heerden by 082 337 4282 of vir Fourie by 072 376 7493. ‘n Epos kan ook aan hulle gerig word by info@vhfsport.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button