Videos: Leer meer oor aandagafleibaarheid
Dr Shabeer Jeeva, 'n aandagafleibaarheidsdeskundige gaan 'n praatjie hou om sy kennis oor hierdie mediese toestand te deel.
Dr Shabeer Jeeva, ‘n aandagafleibaarheidsdeskundige gaan op 22 Oktober ‘n praatjie by Laerskool Ebenhaeser hou. Die doel is om ouers oor aandagafleibaarheid- of aandagtekortsindroom (ADHD) in te lig.
By 70 persent van dié wat nie as kinders daarvoor behandeling ontvang het nie, kom die toestand ook in die volwasse stadium voor
Celesti Bancroft van die skool sê daar is besluit om dié spesialispsigiater vir kinders en volwassenes te nooi omdat ouers gereeld onder die wanindruk is dat hulle kinders hiperaktief is en dan stimulante soos Ritalin vir hulle laat voorskryf.
Jeeva, wat self aan aandagafleibaarheidsindroom ly, het al sy kennis met kykers en luisteraars van Carte Blanche, 3 Talk with Noeleen, Bonitas Housecall en 702 Talk Radio asook ander gehore gedeel.
Dr Shabeer Java op 3 Talk with Noeleen
Die toestand gaan gereeld gepaard met simptome soos leerprobleme, opponerend-uitdagende gedragspatrone, angs en gedragsprobleme.
Studies toon dat ongeveer vyf persent van alle kinders aan aandagafleibaarheidsindroom ly, waarvan minder as die helfte ooit reg gediagnoseer word.
By 70 persent van dié wat nie as kinders daarvoor behandeling ontvang het nie, kom die toestand ook in die volwasse stadium voor.
Dr Shabeer Java op Bonitas
Om meer oor hierdie toestand uit te vind kom luister saam met Laerskool Ebenhaeser na Jeeva by die NG Suiderlig-kerk op die hoek van Gould- en Herbertstraat om 6.30nm. Die praatjie word gratis aangebied en geen vooraf bespreking is nodig nie.
Vir enige navrae kontak Bancroft by 011 953 3802.
