Local newsNewsSchools

Plaaslike musiekmeisies maak skoonskip by kunswedstryde

Drie sussie – hope musiektalent.

Krugersdorp-sussies Kelsey, Catelyn en Tenique Laubscher is drie name wat gereeld by plaaslike kunstefeeste gehoor word. Op ‘n jong ouderdom maak hul reeds groot opslae in die musiek- en sangwêreld.

Kelsey, ‘n Graad 10-leerling aan die Hoërskool Monument sing beoordelaars se voete behoorlik onder hulle uit en haar twee jonger sussies Catelyn (Graad 7) en Tenique (Graad 2) wat in Laerskool Kenmare is, is kort op haar hakke.

Die drie se prestasies sluit die volgende in:

Kelsey

• Roodepoort SA Afrikaanse Kunsvereniging – diploma vir ligte musiek

• Raca – twee goud, drie platinum, twee diamant – sangsolo’s

• National Eisteddfod Academy (Nea) – vier goud, agt diplomas. Vir sangsolo’s is sy genooi om by die akademie se galageleentheid in die Roodepoort Teater op te tree

Catelyn

• Roodepoortse Afrikaanse Kunsvereniging vir goud vir solosang en A+ vir Afrikaanse poësie

• Raca – een silver, een goud, twee platinum vir sangsolo’s

Tenique

• Roodepoortse Afrikaanse Kunsvereniging – een goud vir solosang, en een goud vir English poetry.

• Raca – een goud vir Afrikaanse poësie, vier diamant vir solosang

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button