EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Plaaslike kuns oppihoekie

Die kunsmark se groot sukses kan toegeskryf word aan maandelange deurlopende beplanning en harde werk.

Die Oppihoekie Kunsmark wat op die terrein van die NG Gemeente Krugersdorp-Noord gehou word, is waar kunstenaars en uitstallers van regoor die land die geleentheid kry om hul werk te vertoon.

Van Saterdag 25 Oktober tot Saterdag 1 November op die hoek van Derde- en Viljoenstraat kan geskenkies gekoop word en lekker gesellig saam met vriende in die teetuin gekuier en geëet word.

Die eerste Kunsmark in 2013 was ‘n reuse sukses en dit kan toegeskryf word aan die behoefte wat daar aan die Wes-Rand vir so ‘n mark bestaan.

Die saadjie vir die kunsmark is geplant nadat daar besef is dat daar baie vlooi- en straatmarkte is, maar nie regtig ‘n groot mark in die omgewing is waar persone hulle kuns en handwerk kan vertoon en verkoop nie.

Die organiseerders en uitstallers se stoutste verwagtinge is oortref met die aantal besoekers, die positiewe kommentaar en gesellige wyse waarop die mark beleef is.

“Die kunsmark se groot sukses kan toegeskryf word aan maandelange deurlopende beplanning, harde werk, baie bloedsweet van ‘n span toegewyde werkers maar veral ook baie genade,” sê ds Johan Stander van die gemeente.

“Die plaaslike gemeenskap verdien so ‘n kwaliteitmark.

“Ons wil graag die gemeenskap dien en op hierdie wyse ‘n diens lewer,” voeg hy by.

Uitstallers en belangstellendes kan die organiseerders per epos by oppihoekiekunsmark@gmail.com of op hul facebook-blad Oppihoekiekunsmark of by 011 665 2016 kontak.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button