Local news

Van koraalbome tot indringers: Ontdek die stories van bome langs die Magaliesrivier

Ontdek meer oor plantvoortplanting, koraalbome en uitheemse indringerspesies tydens ’n gratis natuurgeleentheid op 17 Oktober.

Die Wieg van die Mensdom-tak van die Dendrologiese Vereniging van Suid-Afrika nooi die gemeenskap op 17 Oktober na ’n boom-praatjie en familiepiekniek in Hekpoort.

Volgens taksekretaris Amanda Morris sal die tak se lid Duncan Hindle van 11:00 tot 14:00 praat oor plantvoortplanting, die koraalboom en uitheemse indringerspesies.

Die gratis geleentheid sluit ’n piekniek langs die Magaliesrivier in. Besoekers word versoek om ’n snoeiskêr saam te bring om te help met die verwydering van uitheemse indringerspesies.

Bel 082 254 8387 vir besprekings en die adres.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button