Local newsNews

Oud-burgemeesterspaar vier halfeeu saam

Krugersdorp se oud-burgermeesterspaar van 1985/86 vier 50 jaar in die huwelik.

Krugersdorp-Noord inwoners en voormalige burgemeesterspaar van die dorp in 1985/ 86, Thys en Dinky Steenkamp het op 3 Oktober hul 50ste huweliksherdenking gevier.

In die tagtigerjare het die paartjie gereeld die news, toe nog die Krugersdorp Nuus se blaaie vir hul gemeenskapswerk gehaal.

Om die dag vir hulle spesiaal te maak, het hul kinders ‘n funksie gereël waartydens hulle vir hul ‘n vergrote gesinsfoto asook ‘n spesiale koek met ‘n foto van die gesin op as geskenk gegee het.

Die hoogtepunt was toe ‘n motor, ‘n 1957 Ford Fairlane, soortgelyk aan hulle eerstydse troukar, hulle kom oplaai het en hulle op ‘n nostalgiese rit deur die dorp geneem het.

'n Foto van oud-burgemeesterspaar Thys en Dinky Steenkamp saam met hul gesin soos dit in 1985 in die Krugersdorp Nuus verskyn het.
‘n Foto van oud-burgemeesterspaar Thys en Dinky Steenkamp saam met hul gesin soos dit in 1985 in die Krugersdorp Nuus verskyn het.

Die Steenkamps is albei in Krugersdorp gebore en daar getroud, en woon steeds in die dorp.

“Ons kinders is bevoorreg en geseënd om sulke wonderlike, voorbeeldige mense as ouers te kan hê; ons is baie lief vir hulle,” sê hulle dogter Elize Marais.

Hulle het vier kinders en sewe kleinkinders.

Van stilsit is daar vir die Steenkamp-egpaar ook geen sprake nie. Albei doen nog al hul eie werk – Dinky as ‘n tuisteskepper en Thys met sy lappie groente wat hy self kweek. Albei is ook by ‘n onthaallokaal, Oppiplaas betrokke wat ‘n familiebesigheid is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button