Local newsNews

Stappers eer kankerleiers

Relay for Life by Monnas genereer R150 000 vir kankersorg en navorsing.

Die emosiebelaaide atmosfeer was aangrypend toe stappers om die atletiekbaan van Hoërskool Monument stap om eer te betoon aan kankerlyers en hul versorgers wat die stryd teen die siekte daagliks veg.

Spanne wat uit jonk en oud, fiks en minder fiks bestaan het, het in massas by die plaaslike skool opgedaag om aan Kansa se Realy for Life-stappoging deel te neem op Vrydagaand 17 Oktober.

Toe die son sak is ‘n klomp balonne die lug ingestuur ter nagedagte van dié wat die stryd teen kanker verloor het en die wat te midde van fisiese pyn steeds veg.

Terwyl spanlede mekaar afgelos het om die stappoging te voltooi, het ‘n kermisatmosfeer langs die veld geheers.

Talle eet- en drinkgoed is aangebied en deelnemers het in tente en op komberse saam gekuier.

Kansa Relay for Life koördineerdeer aan die Wes-Rand, Zandri Schickerling.
Kansa Relay for Life koördineerdeer aan die Wes-Rand, Zandri Schickerling.

“Die stappery verg inspanning en duur vir 24 uur as metafoor vir die siekte wat nooit sluimer of slaap nie,” verduidelik Kansa Relay for Life koördineerdeer aan die Wes-Rand, Zandri Schickerling.

Volgens haar het Kansa sover R150 000 met die geleenthied ingesamel wat vir kankersorg en -navorsing aan die Wes-Rand aangewend sal word.

Sy sê ongeveer 70 spanne het vir die geleentheid ingeskryf, waarvan 10 skole was.

“Ons wil elke skool en span bedank vir hulle bydra en spesifiek vir Hoërskool Monument wat hul gronde gratis beskikbaar gestel het,” sê sy.

 

Kankeroorwinnaar Francois Pretorius and gaskunstenaar vir by die geleentheid Candy Benson.
Kankeroorwinnaar Francois Pretorius and gaskunstenaar by die geleentheid Candy Benson.

Verwante artikels:

• Bootcampers sweating for a cause

• Cansa’s Relay a step in the right direction

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button