NewsSchool sportSchoolsSport

Kenmare se tennis al 20 jaar sterk

Senior seunstennisspan het groot mylpale behaal die afgelope twee dekades.

Tennis by Laerskool Kenmare het al verskeie mylpale oor die jare bereik.

Daaronder is die senior seunstennisspan wat die afgelope 20 jaar nog net drie keer die tennisliga óf verloor óf gelykop gespeel het.

Hennie Kruger, afrigter en voorsitter van die Krugersdorp Tennisklub in Waterfordweg sê sedert die klub se afrigters die seuns begin afrig het, het hulle nog net twee keer verloor en een keer gelykop gespeel.

Hy sê dit is nie net die afrigters wat die span die afgelope twee dekades so suksesvol maak nie.

“‘n Afrigter kan net soveel doen; dit is die speler wat geïnteresseerd en gemotiveerd moet wees. Ek kan met trots sê dat ons spelers se motiveringsvlammetjie nog nie geblus is nie.”

Kruger sê hy hoop die volgende paar dekades sal net so suksesvol wees.

“Met aanhoudende oefening en die regte afrigting het ons ‘n baie suksesvolle tydperk wat vir ons voorlê.”

Verwante stories:

Jong tennisster wil nog groot hoogtes bereik

Tennisverslaafde word tennisster

Tennis hou voordele vir kinders in

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button