EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Riana Nel bekoor volgepakte gehoor

Riana Nel kuier in Muldersdrift en vind uit hoe jy groot kan wen saam met Silverstar.

Een van die grootste name tans in die Afrikaanse musiekbedryf, Riana Nel het Muldersdrift aan die brand gesing tydens ‘n onlangse vertoning by Silverstar.

Kaartjies is vinnig uitverkoop na die aankondiging dat Riana in die dorp kom kuier en ‘n volgepakte gehoor het Vrydag 24 Oktober die sangeres ingewag toe sy die verhoog betree.

Sy het die gehoor behoorlik aan haar voete gehad en met haar borrelende persoonlikheid het jonk en oud sommer vinnig saam gesing met elke snit.

Aanhangers het tougestaan na afloop van die konsert om hul kopie van die platinumverkoper se nuutste album Die Regte Tyd te laat teken.

Die album spog met treffers uit Riana se eie pen soos Tweede Kans, Weier, Die Regte Tyd en Jy Was Daar en daar is alreeds 20 000 kopieë verkoop.

Het jy geweet?

Met Silverstar se heropening wat totaal fokus op familievermaak, kan u as leser groot pryse wen! Hoe?

Dis eenvoudig, kliek net hier.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button