Stoeiertjies is SA-kampioene
Vier jong stoeiers het goud verower tydens die onlangse SA Kampioenskappe.
Wes-Rand Stoeigimnasium is trots op vier van hul stoeiers wat aan die SA Stoeikampioenskappe en die SA Streek Ligakampioenskappe deelgeneem het.
Die vier stoeiers is Riehan Botha, Bertie Venter, Marco Maree en Ruan Welman. Riehan het goud verower in die SA Jeug Grieks-Romeins- (Greco-) en SA Jeug Vrystylkampioenskappe en is bekroon as die SA-kampioen in sy ouderdoms- en gewigklas.
Bertie, Marco en Ruan het aan die SA Streek Ligakampioenskappe deelgeneem waar hulle Suid-Afrika se Streek 3 verteenwoordig het. Streek 3 se stoeiers is ook bekroon as die SA Ligakampioene van 2014 en elkeen het goud verower.
Wes-Rand Stoeigimnasium nooi alle belangstellende en toekomstige stoeiers, en veral rugbyspelers, na hul gratis opemaand tot middel November.
Besoek hulle gerus by die Witpoortjie Ontspanningsentrum, hoek van Vermooten- en Suidstraat in Witpoortjie. Oefentye is Maandae en Woensdae van 6.15nm tot 7.45nm.
Die gimnasium se afrigters is Juan Nel, Jaendre Blumenthal en Morné Maree.
Navrae kan aan Maree (voorsitter) by 083 626 0299 gerig word en Maryna Welman kan vir registrasies en inskrywings by 082 873 9421 bereik word.
Registrasies vir volgende jaar sal in Januarie 2015 gedoen word.
