Local newsNews

[VIDEO + GRAPHIC]: Heelwat werk wag in Munsieville

"My omstandighede het my gedwing om by die verkeersligte te staan, maar nou kan ek weer van voor af soos 'n mens voel en hoef nie na ander te luister."

Verskeie inwoners van Kroningspark vertel hartseer oor die verskuiwing, maar reken dat dit ‘n goeie begin is.

“Hier in Kroningspark is baie skelm mense, maar ek hoor darem die skelm mense gaan van ons geskei word”Marius van Aswegen

Marius van Aswegen gaan nie na Munsieville, maar is van die uitgesoekte inwoners wat as deel van ‘n program na ‘n gebied buite Krugersdorp verskuif gaan word.

Vandat hy 18 jaar oud is, is hy blind in albei sy oë en dis by Kroningspark waar hy geleer het dat daar nog mense is wat vir ‘n ander omgee terwyl hulle self in moeilike omstandighede is.

“Ek het vir Dr Yusuf Dadoo Hospitaal gewerk en het in die dokterskwartiere gebly, maar nadat ek ‘n beroerte gehad het kon ek nie meer die trappe klim nie en die hospitaal kon my ook nie elders heen skuif nie – ek is toe genoodsaak om te bedank.”

Hy vertel dat hy sy sig tydens ‘n bakleiery in ‘n kroeg verloor het.

Marius van Aswegen is reeds vandat hy 18 jaar oud is in albei sy oë blind. Hy sê daar is baie onreëlmatighede in Kroningspark en is bly dat hy na 'n plek gaan waar daardie mense nie gaan wees nie.
Marius van Aswegen is reeds vandat hy 18 jaar oud is in albei sy oë blind. Hy sê daar is baie onreëlmatighede in Kroningspark en is bly dat hy na ‘n plek gaan waar daardie mense nie gaan wees nie.

“‘n Mens was mos jonk en rof. Ek is aan die linkerkant van my kop tydens ‘n bakleiery raakgeskiet en dit het veroorsaak dat my brein kontak met my oë verloor het.”

Hy is van die uitgesoekte groepie mense wat as deel van ‘n projek op ‘n kleinhoewe in Tarlton gaan woon.

“Hier in Kroningspark is baie skelm mense, maar ek hoor darem die skelm mense gaan van ons geskei word.”

Hy sê behalwe daarvoor het hy baie lekker gebly, want “hier is mense wat jou darem help”.

Munsie6
Kliek op die grafika vir ‘n groter weergawe.

Koos Esterhuizen, ‘n pensioenaris wat met ‘n pensioentoelaag van R1 350 moet klaarkom het ook al gaan kyk hoe dit in Munsieville lyk en sê alhoewel hy heelwat moet doen om die strukture wat die Rooimiere vir hulle opgerig het te kry soos hy dit wil hê, glo hy dat hy ‘n nuwe begin daar kan maak.

“My omstandighede het my gedwing om by die verkeersligte te staan, maar nou kan ek weer van voor af soos ‘n mens voel en hoef nie na ander te luister wat vir jou wil voorskryf hoe jy jou lewe moet lei nie.”

Hy sê hy gaan sy eie tuin begin waarin hy ook groente gaan plant.

Dié wat na Kocksoord buite Randfontein sou verhuis het die slegte nuus ontvang dat hulle ook Munsieville toe moet trek omdat die munisipaliteit eers vir hulle toestemming moet gee om daar te mag bly.

Amanda de Lange, Vryheidsfront Plus-raadslid vir Krugersdorp sê ‘n mens sou dalk nog ‘n paar huisgesinne daar kon laat woon, maar om ‘n hele nuwe ‘dorp’ te wil stig gaan probleme meebring.

Verwante artikels:

Klankgreep: Wit plakkers spat uitmekaar

• A bleak future for Coronation Park squatters?

• White squatters welcomed: “This is nobody’s land but God’s land”

• Wit plakker vertel van armoede

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button