Local newsNews

Skuif kleurgrens opsy vir dienslewering

Patrick Sindane, 'n Ekononiese Vryheidsvegters-lid (EFF) van die provinsiale wetgewer sê dit is 'n bewys dat mense eerder 'n party soek wat diens lewer ten spyte van die kleurgrens.

West Village se inwoners het geskiedenis gemaak.

Só sê Patrick Sindane, ‘n Ekononiese Vryheidsvegters-lid (EFF) van die provinsiale wetgewer nadat dié inwoners, meestal wit, die kleurgrens opsy geskuif het in ruil vir beter dienslewering.

“Dit was vir ons goed om te sien hoe die gemeenskap saamstaan om ons as ‘n alternatiewe stem te vertrou al het hulle geweet dat die res van die gemeenskap nie hulle besluit gaan goedkeur nie. Volgens hulle was ons die enigste party wat besluit het om hulle te help.”

Sindane sê toe die EFF betrokke raak het hulle ingestem om saam met die inwoners te veg.

“Ons wou dit duidelik maak dat geen persoon of entiteit iets op mense gaan afdwing wat hulle nie wil hê nie,” verduidelik hy.

“Daarom is ons bly die kragvoorsiener het op ‘n professionele manier besef dat dit ‘n fout was om die voorafbetaalde kragmeters te verwyder en hulle fout wil regstel.”

Hy sê dit wys dat die kragvoorsiener West Rand Power Distributors (WRPD) steeds respek toon vir wat die mense verkies.

Oor West Village se ander probleme soos veral die paaie en straatligte wat nie in ‘n goeie toestand is nie sê Sindane dat hulle gaan werk om dit ook weer bruikbaar te kry.

“Daar is baie kwessies waarvoor ons nog moet veg. Ons het die gemeenskap hier belowe dat ons dit gaan doen en sal woord hou.”

Verwante artikels:

• Mogale City kan nie help, sê DA

• Meters gaan bly al kla inwoners

• Video: EFF wil glo inwoners help

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button