Local newsNews

Brand eis instrumente maar nie sy liefde vir musiek

Blinde JP van der Merwe speel sy hart uit.

‘n Plaaslike musiekonderwyser het byna alles in ‘n verwoestende brand verloor, maar beslis nie die lied in sy hart nie.

Die brand het alles van JP van der Merwe, 30, insluitend sy versameling musiekinstrumente vernietig.

Die waarde van die instrumente is ongeveer R30 000 en sluit sy Korg-klavier, klassieke kitaar, baskitaar, elektriese kitaar, dwarsfluit en ‘n tjello in. “Musiek is my enigste inkomste,” sê Van der Merwe.

Hy het toe hy vyf jaar oud was sy eerste klawerbord persent gekry.

“Ek het basies op die waterbak van my ouma en oupa se honde geleer tromme speel.”

Op ses jaar oud het Van der Merwe in die kerkorkes begin trom speel en die res is geskiedenis.

Van der Merwe het skaars 17 persent sig in albei oë maar met sy musiektalent skort daar niks nie.

“Ons was almal in die pastoor se huis die Sondag toe die krag byna landswyd onderbreek is. Toe die krag uiteindelik aangaan na ure se wag het ons vinnig huis toe gestap om ons selfone te herlaai, en is toe weer terug na die pastoor se huis.

“Oomblikke daarna het ons gesmelte plastiek geruik. Dit is toe dat die bure aan die deur kom klop om vir ons te sê dat ons huis besig was om te brand.”

Na die brand geblus is, het hulle Van der Merwe se geskroeide beursie met sy belangrike kaarte en identiteitsdokument gered. Hy het ook sy simkaart uit sy gesmelte selfoon gekry.

Pastoor Willie Smit het hom tydelik verblyf aangebied totdat hulle ‘n oplossing kan kry.

Die Smit-gesin waar Van der Merwe loseer het wag steeds vir die forensiese uitslae oor die oorsaak van die verwoestende brand.

Van der Merwe sou oorspronklik aan die einde van die jaar saam met die Smit-gesin getrek het, maar die brand het die planne omver gegooi.

Die oorsaak van die brand is nog onbekend.

Verwante artikels:

• Gesin verloor alles in brand

• Verblyfkrisis vir Mej Wes-Rand

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button