Editor's choiceEntertainmentLifestyleLocal newsNews

VIDEO: Hollywood-akteur maak ‘n plattelandse draai

Leading Lady word later dié maand vrygestel en sal by teaters in Key West winkelsentrum, Cradlestone Mall en Silverstar te sien wees.

Die Hollywood-ster Gil Bellows het die platteland kom bekoor met sy sjarme toe hy en ‘n paar produksielede van sy jongste film by die prentjiemooi Kloofzicht Lodge ‘n mediavoorskou gehou het.

Gil, die Hollywoodse akteur met meer as 80 rolprente waaronder Shawshank Redemption en televisiekrediete soos Ally McBeal op sy kerfstok, vertolk die rol van Daniel Taylor in die romantiese komedie, Leading Lady wat op 28 November in teaters landwyd begin draai.

Die bekende Ierse aktrise Katie McGrath (Dracula, Merlin), vertolk die rol van Jodi Rutherford wat die Vrystaatse boer Kobus Willemse (Bok van Blerk) oorreed om haar te help voorberei vir ‘n rol as ‘n Afrikaanse oorlogsheldin in ‘n belangrike rolprent.

Hollywood veteraanakteur Gill Bellows het 'n draai in Muldersdrift gemaak om sy nuwe film aan die media bekend te stel.
Hollywood-akteur Gil Bellows het ‘n draai in Muldersdrift gemaak om sy nuwe film aan die media bekend te stel.

Sy besef egter gou die enigste iets beter as silwerdoekroem is Kobus self.

SA se liefling veteraanakteur Brümilda van Rensburg (Louwna van Egoli-faam) vertolk ‘n rol in die produksie.

Gedurende die mediavoorskou het die news ook die regisseur van die film, Henk Pretorius (Fanie Fourie’s Lobola) sowel as draaiboekskrywer Tina Kruger en vervaardiger Llewelyn Greeff ontmoet.

Leading Lady word later dié maand vrygestel en sal by teaters in Key West winkelsentrum, Cradlestone Mall en Silverstar te sien wees.

Kyk gerus hier na die lokprent:

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button