NewsSchools

Geen keer aan dié slimkop

René Weideman, 'n Graad 7-leerling van Laerskool Krugersdorp-Noord spog met 'n gemiddeld van bo 90 persent.

René Weideman, ‘n Graad 7-leerling en vanjaar se hoofdogter van Laerskool Krugersdorp-Noord, sê sy gaan haar puik akademiese prestasies volgende jaar in die hoërskool voortsit.

Dié slimkop is onlangs tydens die skool se jaarliks prysuitdeling as die duxleerling van haar graad aangewys toe sy vereer is vir al haar akademiese prestasie met ‘n totale gemiddeld van bo 90 persent.

Sy het ook die trofeë vir beste prestasie in haar graad vir Natuurwetenskap, Tegnologie, Lewensoriëntering asook vir die algehele beste akademiese prestasie ontvang.

“Dit was baie harde werk, maar dit was vir my lekker en nou pluk ek die vrugte daarvan. Ek hoop om volgende jaar wanneer ek Graad 8 toe gaan, steeds akademies goed te presteer.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button