Local newsNews

Wees veilig dié feestydperk

Moenie die misdadigers hierdie feestydperk met hulle Kerswenslysie help nie.

Dit is weer daardie tyd van die jaar wanneer almal van hulle sorge wil vergeet en ontspan.

Maar voordat jy daarby uitkom moet jy seker maak dat jy, jou gesin en besittings veilig is, sê Pieter Sparks, voorsitter van die Sektor 3 Gemeenskapspolisiëringsforum.

Hy verskaf die volgende veiligheidswenke vir die feestydperk.

• Moenie enige hekke ooplos nie. Hulle moes al verskeie kere mense snags wakker maak of bedags vir hulle sê dat hulle hekke oopstaan. Dit gebeur dikwels dat iemand die afstandbeheer van die hek per ongeluk druk en dit nie besef nie.

• Sluit alle tuingereedskap toe en maak seker dat die buitgeboue ook gesluit is, want misdadigers gebruik tuingereedskap om in huise in te breek.

• Hou die sypaadjie buite die erf skoon. Misdadigers kan in die lang gras en struike wegkruip asook jou huis met verskeie voorwerpe soos klippe, blikkies en dies meer merk.

• Wanneer nuwe elektroniese toestelle soos televisiestelle aangekoop word is dit beter om self van die verpakking ontslae te raak, want dié verpakking adverteer wat in jou huis beskikbaar is.

• As gordyne en blindings snags oopgetrek is kan misdadigers van buite af sien wat binne ‘n vertrek is asook hoeveel inwoners daar is.

• Wanneer ‘n motors in die straat geparkeer word moet waardevolle items verwyder word of in die kattebak gebêre word.

• Mens moet ook weet wie jou bure is en hulle vra om ‘n ogie oor jou huis te hou, pos uit die posbus te haal en die tuin netjies te hou sodat misdadigers nie sal besef dat jy met vakansie is nie.

• Dit is belangrik om elektriese heinings en alarmstelsels voor die feesseisoen te toets en seker te maak dat dit werk.

• Wees bedag op verdagte voertuie of mense in jou area en as jy vermoed dat iets nie pluis is nie, bel eerder jou sektorpolisie.

• Raak betrokke by jou GPF en sektorpolisie, want dit is al manier hoe mense kan saamstaan om misdaad te bekamp.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button