CrimeEditor's choiceLocal newsNews

Baba boet vir ma se verslawing

'n Maand oue 'Meth' baba dra nou die gevolge van sy dwelmverslaafde ma se gedrag gedurende haar swangerskap.

‘n Maandoue babaseuntjie sterk tans goed aan by die Bethany House Trust kinderhuis terwyl hy die gevolge van sy mamma se dwelmverslawing dra. Die jong ma het glo die dwelm crystal meth tydens haar swangerskap gebruik en doen dit steeds.

‘n Maatskaplike werker het hom na sy geboorte uit sy ma se sorg verwyder en in hulle sorg geplaas. Die huispersoneel het die baba na ‘n private en gerespekteerde pediater in die gemeenskap geneem vir ‘n volledige ondersoek.

Die baba het onttrekkingsimptome en kry rukkings en stuiptrekkings. Hy was baie ondergewig by geboorte.

“Wanneer hy strek, soos baba’s maar doen, begin sy hele lyfie ruk,” vertel die Trust se maatskaplike werker, Michelle Germishuizen.

Na byna ‘n maand se versorging is personeel dankbaar dat hy goed vorder. Die baba se slaappatrone het gestabiliseer en hy het agt sentimeter langer geword. Hy het ook amper ‘n volle kilogram massa bygekry.

Alhoewel daar fisies niks fout is met die baba nie is hulle bekommerd dat hy later leerprobleme sal ontwikkel as gevolg van die skade wat die dwelms aangerig het.

Die Trust se personeel werk egter baie hard om te sorg dat die baba sy mylpale goed bereik.

Die gemeenskap het ook dadelik ingespring nadat die huis ‘n noodkreet na hul databasis uitgestuur het. Hulle het toe ‘n babamonitor ontvang wat nodig is siende dat die baba soms vir kort rukkies ophou asemhaal of na sy asem snak.

“Hierdie is nie ‘n doodstraf nie; ons kan dit behandel as ons weet presies waarmee ons werk,” het Germishuizen gesĂȘ.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button