EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Meer-Min Shaw vier 80ste in pienk

Die gospelsanger Min Shaw het haar 80ste verjaardag onlangs in Krugersdorp saam met ander vermaaklikheidspersoonlikhede kom vier.

Vir Min Shaw se 80ste verjaardagpartytjie by Hollywood Costumes, het die bekende gospelsanger kompleet soos ‘n meermin in haar pienk rok gelyk.

Min Shaw is 'n pienk rok wat haar soos 'n meermin uit 'n storieboek laat voorkom.
Min Shaw is ‘n pienk rok wat haar soos ‘n meermin uit ‘n storieboek laat voorkom. Foto: Jaco Bothma/Empire Photography

Die meer as 100 gaste wat spesiaal haar verjaardagviering bygewoon het, sluit vermaaklikheidspersoonlikhede soos Chris Chameleon, Manie Jackson, die musiekgroep Beeskraal, Barbara Ray, Gert van Tonder en Jody Wayne in.

Die countrysanger Lance James het van sy gunsteling treffers vir haar gesing voordat hy terug Kaapstad toe is vir ‘n optrede.

Die aktrise Lizz Meiring het as gasvrou opgetree terwyl Min se jarelange musiekpromotors Boet Pretorius, André Viljoen, Lydia Winchester en Dirk Swanepoel ook daar was om haar spesiale dag saam met haar te vier.

Hier kuier Min Shaw heerlik saam met van haar vriende in die vermaaklikheidswêreld wat haar 80st verjaardag met haar kom deel het.
Hier kuier Min Shaw heerlik saam met van haar vriende in die vermaaklikheidswêreld wat haar 80st verjaardag met haar kom deel het. Foto: Jaco Bothma/Empire Photography

“Dit was vir my ‘n lekker verrassing. Ek kan vir seker sê dit was ‘n baie lieflike oggend wat ek saam met vriende deurgebring het,” het Min gesê.

Die gaste is gevra om iets pienk by hulle uitrustings aan te trek omdat dit Min se gunsteling kleur is. Die lokaal waar haar partytjie gehou is, was ook met pienk versier.

“Vandat ek ‘n klein dogtertjie was, was pienk maar my gunsteling. Ek hou ook van pers,” het sy vinnig bygevoeg.

Heidi du Toit, eienaar van Hollywood Costumes het gesê dit is vanjaar al die 15de jaar wat hulle vir Min ‘n verjaardagpartytjie reël.

Lance James het spesiaal vir Min Shaw vir haar 80ste verjaardag gesing voordat hy per vliegtuig na Kaapstad is.
Lance James het spesiaal vir Min Shaw vir haar 80ste verjaardag gesing voordat hy per vliegtuig na Kaapstad is. Foto: Jaco Bothma/Empire Photography

Japie Gouws, die besturende direkteur van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging-groep (ATKV) het Min geprys omdat sy vir soveel jare die Afrikaanse kultuurskat help verryk het.

Sy het die Afrikaanse taal en kultuur oor ‘n tydperk van meer as 50 jaar help bevorder.

Min het gesê dat haar verjaardagvieringe nog ver van verby is omdat sy en haar naastes ‘n klein geselligheid by haar huis in Roodepoort beplan het.

Min Shaw poseer hier vir die kamera langs haar verjaardagkoek.
Min Shaw poseer hier vir die kamera langs haar verjaardagkoek. Foto: Jaco Bothma/Empire Photography

“Dit is vir my baie lekker om my verjaardag saam met al my vriende en geliefdes te kan vier.”

Op die vraag oor hoe dit voel om 80 te wees, het sy bloot gesê, “Ek kan vir jou sê ek voel steeds wonderlik. As jy van ‘n jong ouderdom af na jou liggaam kyk dan sal jou liggaam na jou kyk wanneer jy ouer word.”

Verwante artikels:

• Sonja se DVD uit Hollywood

• ‘n Gedaanteverwisseling met kostuums

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button