Local newsNews

Siek kinders ook bederf

Daar is by verskeie hospitale in Krugersdorp besoek afgelê waar Kersgeskenke uitgedeel is.

Mej Wes-Rand en verskeie ander deelnemers aan vanjaar se kompetisie het in rooi en groen feesklere Kersgeskenke by verskeie hospitale in die dorp gaan uitdeel.

Twee meisies van die Cradle of Hope was ook daar om hand by te sit.

Adeline Sauerman, vanjaar se Mejuffrou Wes-Rand het gesê hulle plan was om geskenke by die Leratong, Dr Yusuf Dadoo en Netcare Krugersdorp Hospitaal uit te deel.

“Maar selfs nadat ons ook vir sekere personeellede geskenke gegee het, het ons nog genoeg gehad om uit te deel.”

Hulle is daarna na die Polokego Tehuis vir mishandelde vroue en kinders waar sowat 60 geskenke toe ook onder Pick n Pay Cradlestone Mall se Kersboom afgelaai kon word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button