Die leerlinge en onderwysers van Hoërskool Monument het beslis vandag rede om nog ‘n suksesvolle jaar met ‘n 100 persent slaagsyfer te vier.
Die atmosfeer by die skool was heel gesellig soos die 2014-matrikulante en sommige ouers ‘n vonkelwyntjie hier en daar oopgemaak het om hul uitslae behoorlik te vier.

Monnas spog nie net met ‘n 100 persent slaagsyfer nie maar ook met ‘n uitstekende totaal van 435 onderskeidings deur 29 leerlinge.
Die skool het ook ‘n gemiddeld van 60 persent vir 16 vakke gehad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
