NewsSchools

Bastion glimlag oor 100 persent slaagsyfer

Hoërskool Bastion is in die wolke oor hulle matrikulante wat verlede jaar die eindeksamen suksesvol afgelê het.

Leerlinge van Hoërskool Bastion sê alhoewel hulle ‘n baie lekker tyd op die skoolbanke gehad het sien hulle uit na die grootmenswêreld.

“Ons gaan beslis al die fun-tye mis,” het Bernice Gibbens, ‘n 2014-matrikulant gesê.

Sy en haar maats het vanoggend, 6 Januarie reeds van vroeg af vir hulle uitslae in die koerante gewag en het gesê dat hul moeite in hulle matriekjaar vrugte afgewerp het.

Kevin Pretorius en Nathan Smit vier hulle uitslae met 'n stywe vyf.
Kevin Pretorius en Nathan Smit vier hulle uitslae met ‘n stywe vyf.

“Dit was beslis die moeite werd om so hard te werk. Ek kan vir jou sê dit was ‘n moeilike jaar, maar ons is daardeur!” het Kevin Pretorius gesê wat by Westcol Kollege in Randfontein in ‘n elektrisiteitverwante rigting wil studeer.

Vir Chanté Snyman was die afgelope 12 jaar se harde werk genoeg om vir eers ‘n blaaskans te vat.

“Ek wil vanjaar tyd afvat voordat ek weer agter die boeke inskuif,” het sy gesê.

Sy wil ‘n bietjie werkondervinding opdoen terwyl sy ook haar tyd as hokkie-afrigter by Khosa-klub verwyl.

Die tweeling Pieter en Bennie van Zyl het ook goed gevaar en gaan nou saam in die regte studeer.

Melitta Geyser, skoolwoordvoerder het gesê hulle is baie trots op hul 151 matrikulante wat vanjaar die eindeksamen suksesvol afgelê het.

“Ons het vanjaar ‘n 100 persent slaagsyfer en spog ook met 71 onderskeidings,” het sy gesê. “Dit is vir ons ‘n geweldige verrassing en maak ons as skool trots. Vanjaar se matrikulante het beslis baie harde werk wat vir hulle wag om hierdie matrikulante se skoene te kan volstaan.”

Sy sê ook dat die onderwysers vir al hulle harde werk bedank moet word, want goeie onderwysers laat ‘n skool goed presteer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button