Die leerlinge van die Hoër Tegniese Skool Nic Diederichs het dou voor dag by die skoolhekke gestaan en wag vir hul matriekuitslae.
Verskeie leerlinge het hul planne vir 2015 opgewonde aan die news verklap wat insluit om verder te gaan swot, ‘n rusjaar te neem asook om dadelik in die arbeidsektor in te spring.

Volgens die uitslae wat in Citizen van vandag 6 Januarie gepubliseer is, spog die skool met tien onderskeidings.
‘n Verligte groep seuns het aan die news vertel hoe gelukkig hulle met die uitslae is en dankbaar is dat hulle hul skoolloopbaan uiteindelik voltooi het.
“Lekker man, nou gaan ons braai”, het die groep gejuig.
Alhoewel die hoof, meneer Bühner, ietwat teleurgesteld met die slaagsyfer is, meen hy dat hulle vanjaar harder sal werk om beter te vaar.

