Local newsNews

Soet liefde vir Môreglans

Inwoners van Môreglans is verras met soetkoekies en sap vroeg in die nuwe jaar.

Gesellige inwoners van die Môreglans Tehuis het die nuwe jaar op ‘n soet noot afgeskop met ‘n koffie-en-kletsgeleentheid.

Hirsch’s Homestore het die inwoners van die tehuis op 5 Januarie verras met ‘n kattebak vol soetkoekies en heerlike sap as deel van vele gemeenskapsprojekte wat hulle aanpak.

Die besoek het nie alleenlik gegaan oor die lekkernye nie maar ook om tyd saam met die inwoners te spandeer wat die Kersseisoen dikwels eensaam en alleen ervaar.

Nuut aangestelde bestuurder van die tehuis, Magdel Hugo, het die news en Hirch’s se woordvoerder Amoryn Golden op ‘n toer deur die tehuis geneem waar hulle aan elkeen ‘n soetdingetjie en sappie uitgedeel het.

Die verteenwoordiger van 'n plaaslike groothandelaar, Amoryn Golden wys haar goue hart by Môreglans  Tehuis.
Die verteenwoordiger van ‘n plaaslike groothandelaar, Amoryn Golden wys haar goue hart by Môreglans
Tehuis.

“Dis belangrik vir ons om tyd saam met die bejaardes van ons gemeenskap te spandeer,” vertel Amoryn.

Inwoners het die besoek behoorlik geniet en het geselsies met die besoekers aangeknoop terwyl hulle aan die vars gebakte koekies gesmul het.

“Ons is ‘n plaaslike maatskappy wat die behoeftes van die gemeenskap ter harte neem. Die senior burgers is veral na aan ons harte omdat die gemeenskap geneig is om van hulle te vergeet. Hierdie is een van vele liefdadigheidspogings waardeur ons probeer om meer as net geld te spandeer – ook ons kosbare tyd.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button