‘n Rustige oggend by Hoërskool Jan de Klerk het vinnig bedrywig geword toe die 2014-matriekuitslae ontvang is.
Jan van Aardt, skoolhoof is behoorlik in sy knoppies met die goeie uitslae siende dat hul slaagsyfer sedert 2013 met 3,8 persent gestyg het.
Die hoof se kantoor was vol glimlagte soos die onderwysers die uitslae oopgemaak en aangeteken het.

“Ons is bitter trots op die leerlinge wat verlede jaar so goed gevaar het,” sê Van Aardt.
Hul slaagsyfer het gestyg tot ‘n ongelooflike 92,85 persent.
Die skool spog ook met ‘n leerling wat vyf onderskeidings verower het.
“Ons gaan daarna strewe om ons totale slaagsyfer tot 95 persent te laat groei vir die 2015-uitslae,” sê hy positief.

