NewsSchools

Nories ryg onderskeidings in

Met 'n slaagsyfer van 100 persent het Hoërskool Noordheuwel vanjaar ook meer as 400 onderskeidings ingepalm.

Met plakkate het die 2014-matrikulante van Hoërskool Noordheuwel hulle toekomsplanne aangedui toe hulle hul skoolskoene vandag 6 Januarie vir ewig opgehang het.

Die skool se 252 matrikulante het vanjaar meer as 400 onderskeidings ingepalm en ook vir ‘n 100 persent slaagsyfer gesorg.

Vir die skool is dit genoeg rede om bors uit te stoot.

Dr Jac Fourie (skoolhoof) by tweeling Freddie en Andreas du Plessis. Beide die seuns gaan BRek aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Freddie spog met nege onderskeidings en Andreas met vyf.
Dr Jac Fourie (skoolhoof) by tweeling Freddie en Andreas du Plessis. Beide die seuns gaan BRek aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Freddie spog met nege onderskeidings en Andreas met vyf.

Marietjie Muller, Graad 12-graadvoog het gesê almal by die skool is ook uit hulle vel oor hul A-kandidate.

“Ek dink vir elke onderwyser is dit ook baie spesiaal om te sien hoe ander leerlinge, met wie jy al ‘n lang pad stap, van Graad 8 tot 12 verbeter en ontwikkel het.”

D’Jane Kriedemann (hoofmeisie 2014) slaag met vyf onderskeidings en Cobus West (onderhoofseun 2014) met agt.
D’Jane Kriedemann (hoofmeisie 2014) slaag met vyf onderskeidings en Cobus West (onderhoofseun 2014) met agt.

Sy sê dit is daardie oorwinnings wat al die ekstra ure en harde werk die moeite werd maak.

Volgens Karlien Steyn, bemarker, is hulle baie tevrede met die uitslae.

“Baie dankie aan al ons Norie-ouers en -onderwysers vir jul ondersteuning; sonder julle bydrae sou niks hiervan moontlik gewees het nie.”

Matrieks kry hul uitslae.
Matrieks kry hul uitslae.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button