Local newsNews
Geluk my geliefde vroutjie
Piet Henning het 'n foto van sy vrou gesteel om dit saam met 'n spesiale liefdesboodskap in die koerant te plaas.
Op die oggend van die eerste werksdag van 2015 staan Piet Henning angstig gereed om ‘n spesiale boodskap aan die liefde van sy lewe in die koerant te plaas.
Teen sy geliefde vroutjie se sin het hy ‘n pragtige foto van haar en hulle dogter vroegoggend uit die huis gesmokkel om vir die news te bring. Henning wil graag sy vrou, Bettie Henning nie net geluk wens met haar 60ste verjaardag wat sy op 25 Desember gevier het nie maar ook baie dankie sê vir die 42 jaar se liefde en bystand wat sy vir hom gee.
Die paartjie sal op 7 Maart hul 42ste huweliksherdenking vier.
“Op Kersfees is my vrou my mees kosbare geskenk,” sê Henning trots.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
