Nie eers een Graad 1-leerling het vanjaar gehuil nie, het Edna Walker, Alma Mater Akademie se bemarker gesê.
Altesaam 53 nuwe Graad 1’s is vanjaar by die skool ingeskryf wat ook meegebring het dat die aantal klasse van twee na drie vermeerder is.
“Ons is baie opgewonde oor die groei en vooruitgang van die skool, en dit wys alles in die leerlinggetalle wat bly groei.”
Walker het gesê die skool sien uit na alles wat 2015 vir hulle inhou en is bly oor al die nuwe leerlinge.
“Ons is trots om dié kinders in hierdie uitblinkskool te hê.”
Sy het ook gesê die groei wat hulle die afgelope ruk ervaar het, het die skool genoop om nuwe onderwysers aan te stel.
Vir nog foto’s, kliek hier.
