NewsSchools

Kennies spog met vier tweelingpare

"Ek het al voorheen drie tweelingpare gesien, maar nog nooit vier nie!" — Wouter Immelman, skoolhoof.

Al was daar vanjaar ‘n paar Graad 1’s wat die trane nie kon keer nie, was daar weer ander wat al glimlaggend hul skoolloopbaan by Laerskool Kenmare begin het.

Die skoolhoof, Wouter Immelman is in die wolke omdat die skool vanjaar met vier tweelingpare spog.

“Ek het al voorheen drie tweelingpare gesien, maar nog nooit vier nie!” het Immelman verduidelik.

“Dit maak die nuwe skooljaar soveel meer besonders.”

Die getal nuwe haasbekkies wat vir vanjaar ingeskryf is staan op 166 en is minder as die getal Graad 1’s wat verlede jaar ingeskryf is.

Wouter sê hy sien uit na die nuwe jaar se uitdagings. Hulle sal hulle vanjaar toespits op hulle slagspreuk ‘Kennies tref die teiken’ wat daarop sinspeel dat al die leerlinge vanjaar in alle fasette moet presteer.

“Ek is erg opgewonde oor die nuwe skooljaar en ook oor al ons nuwe Graad 1-leerlinge.”

Vir nog foto’s, kliek hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button